Lijlanie
Outeur en Inspirende Spreker
Lijlanie is ‘n Suid-Afrikaanse expat en woon in Nieu-Seeland. In 2019 is haar pa met fase 4 prostaatkanker gediagnoseer. Die gesin was dit eens: hulle moes ‘n geestelike oorlog wen; nie net ‘n fisiese een nie. Die intensiteit van hul reis laat haar en haar suster verklaar: “Hierdie gaan ons getuienis word!” Gevolglik stel Lijlanie in 2020 ‘n Bybelstudie oor geestelike oorlogvoering saam. Sy onderneem om ‘n boek oor hul reis te skryf. 2021 bring egter sy eie uitdagings. Vir Lijlanie en haar ouers: die grootste aanslag nog op hul lewens. Uit haar diepste seer word Die Legkaart gebore. Lijlanie is ook koördineerder en stigterslid van SA Kiwi Chicks, ‘n christelike organisasie sonder winsbejag wat Suid-Afrikaanse expat-vroue in Nieu-Seeland ondersteun. Sy is self ‘n limfoomkanker-oorwinnaar en getuig graag oor haar persoonlike reis met kanker, immigrasie en geestelike oorlogvoering – ‘n reis waar die Heilige Gees familie oor kontinente nader aan mekaar gebring het. ‘n Reis waar geloof, hoop en liefde oorwin en die krag van Die Woord al hoe sterker geword het.
Author and Inspirational Speaker
Lijlanie is a South African expat, living in New Zeeland. When her dad was diagnosed with Stage 4 Prostate Cancer in June 2019, she and her family tackled this as a spiritual war and celebrated his healing in November 2019. She declared that this journey would become her family’s testimony.
During 2020 Lijlanie composed a Bible Study on Spiritual Warfare, based on their journey. She soon realised that there was much more to be said. However, 2021 brought its own challenges. During this year she conquered Non-Hodgkins Lymphoma, amidst challenging circumstances. Out of her greatest sorrow, “The Legkaart” was born.
Lijlanie is also coordinator and one of the founding members of SA Kiwi Chicks, a non-profit Christian organisation supporting South African expat women. She gives talks on her own journey with cancer, immigration and spiritual warfare.
Die Legkaart
Die Legkaart is ‘n verhaal van die skrywer se persoonlike belewenis van hoop, geestelike stryd en brandende liefde as dogter, ousus en intersessor. Dit vertel van die geweldige aanslae op haar pa se lewe, terwyl pa en dogter deur duisende kilometers van mekaar geskei is.
Die Legkaart is a unique, gripping true life story about the author’s journey of hope, spiritual warfare and burning love as daughter, sister and intercessor. It takes place during a severe onslaught on her dad’s life, while father and daughter are separated by two oceans and thousands of kilometres.
Currently the book is only available in Afrikaans